WERKSGELEENTHEID: FONDSWERWING



Radiokansel is op soek na energieke fondswerwers in Gauteng (Oosrand en Noordwes areas) om in diens te neem.

Ideale kandidate sal Christene wees, oor eie vervoer beskik, die kapasiteit hê om van die huis af te werk en volkome tweetalig wees (Engels en Afrikaans).

Sleutel verantwoordelikhede sluit in:
  • Area-spesifieke skenkernavorsing en ontwikkeling van fondsinsamelingsplanne
  • Aanvanklike en opvolg kontak en die deurlopende bou van verhoudings met ondersteuners. Ontwikkeling van 'n databasis van maandelikse donateurs
  • Bemarking aan kerke en ander relevante organisasies
  • Die handhawing van akkurate, opgedateerde rekords en verslae
  • Op hoogte bly van die Stasie se programme
  • Werwing van borge vir die radiostasie
  • Bereiking van fondsinsamelingsdoelwitte


Christelike aansoekers wat aan die volgende kriteria voldoen, word aangemoedig om aansoek te doen:
  • Matriek as minimum kwalifikasie.
  • Ten minste twee jaar ervaring in fondswerwing.
  • Vlotheid in Engels en Afrikaans (gesproke en geskrewe).
  • Rekenaarvaardigheid (MS Office).
  • Bestuurslisensie en eie vervoer.
  • BELANGRIK: Aangesien dit ‘n posisie is wat tuis gebaseer is, moet kandidate toegang tot hulle eie rekenaarfasiliteite met e-pos en internettoegang hê.
  • Vergoeding: Kommissie gedrewe

Epos asb jou CV na fundraisers@radiopulpit.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Februarie 2017

Like most modern websites, www.dmi.co.za places small files called 'cookies' on your computer to make your browsing experience as pleasant as possible. By entering this site you accept our Privacy Policy and Cookies Notice

If you’d prefer us not to use cookies, then please turn them off.

Close window and proceed to www.dmi.co.za